Seewier

Seewiere op rotsblokke.
Eetbare seewiere.
Japannese sop van Onigiri en Wakame.

Seewiere is 'n los groepering van nie-verwante alges wat in die see lewe. Deurgaans word na meersellige, relatief groot (makroskopiese) wiere verwys wat aan die bodem geheg is. Seewiere sluit sekere spesies van groenalge (Chlorophyta), rooialge (Rhodoplantae) en bruinalge (Phaeophyta) in.

Seewiere kry hul energie deur fotosintese. Omdat seewiere soveel anders as ander plante lyk, word dit gewoonlik nie as plante gereken nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne